Wat is LekkerAftree

Lees ook Wie is LekkerAftree.

Lekkeraftree.co.za is ‘n Webwerf Vir die 50PLUSSERS deur 50PLUSSERS. Dit is doelgerig en vir ‘n spesifieke mark. Vir u die 50Plusser. Wat is die definisie van ‘n Bejaarde, Pensioenaris of ‘n 50Plusser? Die antwoord is eenvoudig. Dit maak nie saak nie. Elkeen van ons is ‘n individu ongeag van ons ouderdom variasie of titel. Al afgetree op 50? Pensioenaris op 60 of 85? Die eenvoudigste insluitende terme is dus 50PLUSSER..

Die daaglikse behoeftes en lewenskwaliteite van 50Plussers verskil nie veel van enige ander ouderdomsgroep nie. Dit is net meer spesifiek en kan makliker in kategorieë gegroepeer word. LekkerAftree poog om al hierdie kategorieë te dek met eenvoudige soek opsies en dit maklik leesbaar te plaas. Die mees algemene kategorieë is behuising en versorging, maar dit is gelukkig nie al waaruit die 50Plusser se behoeftes en lewe bestaan nie. Vermaak, vakansies, uitstappies en sport is ook belangrik, om maar net ‘n paar te noem.

Ons doelwit is om ‘n omvattende inligtings Webwerf te skep met dekking van alle 50Plusser behoeftes. Daarom dat ons alle Nie-winsgewende Organisasies die geleentheid bied om GRATIS hulle dienste te lys. Dis sluit in alle Ouetehuise en Bejaarde Versorgingsdiente asook alle vakante poste vir die 50Plussers,

Soos wat die kategorie behoeftes groei, so heg ons met graagte dit by ons kategorie lyste. Die 50Plusser is nie iemand wat heeldag sit en wag vir beter dae nie. Ons neem graag deel aan uitstappies, feeste en ander aktiwiteite. Besoek ook haarsalonne en pamperlang sessies. Ons benodig ook ‘n loodgieter of elektrisiën van tyd tot tyd. Gaan ook met vakansie en wil dalk ‘n nuwe motor koop. Dit is juis die 50Plusser mark wat moet kyk na finansiële dienste. Beleggings en testamente, asook om seker te maak daardie begrafnispolis is in plek. lekkeraftree.co.za is die maklikste manier om die 50Plusser mark te bereik. Ons advertensies en ons mark is identies. Dit is spesifiek en doelgerig.

Word deel van die LekkerAftree Familie deur u produk of diens te lys. Alle webwerf besoekers word outomaties deel van ons familie. Vir die 50Plussers deur 50Plussers.

Ons Webwerf en FB Blad is effe ligsinnig en gemaklik, maar met die nodige respek en etiket, tog professioneel. Glad nie styf en depressief nie. Ons is dankbaar vir die genade en lewe voluit met integriteit en lewenslus.

Besoek gerus ons Webtuiste https://www.lekkeraftree.co.za asook ons FB Blad https://web.facebook.com/lekkeraftreewebsite/