Wie is LekkerAftree

Hier is LekkerAftree se storie.

Jy word een oggend wakker en besef dat Aftrede is op jou. Dit kom soos ‘n dief in die nag, saggies en stil kruip dit nader. Wat altyd iewers in die toekoms was, raak al hoe meer ‘n werklikheid. Hoe nader aftrede kom, hoe meer gereeld dink jy daaraan. Ag, dis nog baie jare in die toekoms, dink jy. Toe, eweskielik verander dit van nog ‘n paar jaar in die tekoms na ‘n paar maande en die hoendervleis slaan plek-plek op jou lyf uit elke keer as jy daaraan dink. Dan gebeur dit. Nog net ‘n paar betaalstrokies oor. en dan daardie laaste betaalstrokie. Dis klaar, Dis verby. Aftree is ‘n werklikheid.

Ongeag die finansiële welstand t.o.v. aftrede, is daar al die ander vrae wat dadelik ‘n werklikheid word. Waar gaan ons bly? Watter opsies is daar? Watter opsie is beter? Waar gaan soek ons? Wie kan help met vrae? Wat doen ons om besig te bly? As ek nog wil en kan werk, waar kyk ek vir geleenthede? Moet ek ‘n ietsie belê? Waar? Hoe kan ek my aftrede geniet? Wat as ek of my vrou later versorging nodig het? En nog vele ander vrae. Meeste van ons het dalk redelik antwoorde op al die vrae, maar nie noodwendig alles nie. Omstandighede verander ook en wat ‘n paar jaar gelede die regte besluit was, is nie noodwendig vandag nog so nie.

Dit is vanuit hierdie agtergrond wat ons besluit het om aan die werk te spring en antwoorde op al die vrae te soek. Dit sal maklik wees, het ons gedink. Alles is mos deesdae op die internet of Facebook beskikbaar. Vra ‘n vraag en klik jou hier en klik jou daar en siedaar. Jy het jou antwoord. Toe glad nie! Dit het ons na weke en maande van frustrerende soektogte op die internet agtergekom. Ons data het telkemale uitgeloop, soos ons met krom ruê en rooi oë, ure voor die rekenaar gespandeer het. Kom ons wees ook maar eerlik. In Suid Afrika is data nie goedkoop nie en die kwaliteit van internet toegang nog vêr agter die meeste eerste wêreld lande. Hierdie proses het redelik lank aangehou. In die aande of skelmpies by die werk (jammer Gawie) as daar kans is, Enige beskikbare soekenjin. Soek en klik…, soek en klik. Gedurende die proses het ons wonderlike geleenthede en antwoorde raakgesoek, net om tot ons skok agter te kom dat dit nie in Suid Afrika is nie of die data is oud. Die gedagte om ‘n Webwerf te skep wat al die vrae kan beantwoord is toe net daar gebore. ALLE AFTREE INLIGTING ONDER DIE SPREEKWOORDELIKE EEN DAK, in Suid Afrika, vir Suid Afrikaners. Vir die 50Plussers deur 50Plussers.

. Die LekkerAftree Webwerf is nog maar in sy kinderskoene. Ons werk harder as ooit tevore maar geniet elke oomblik daarvan. Die vriende wat ons maak is hartsvriende met gemeenskaplike behoeftes en doelwitte. Ons weet en sien dat menige 50Plussers baat vind met die groot “A”ftree. Pensioenarisse en Bejaardes het ‘n tuiste en is deel van ‘n groter gemeenskap buite die grense van hul dorp of stad. AFTREE is LEKKER en ons poog ook om te help met die onvermeidelike negatiewe aspekte van ouderdom.. Word deel van die LekkerAftree familie. Dis maklik en LEKKER!. Sterkte! Onthou, jy is nooit alleen nie.

Groetnis.

Die LekkerAftree Span