Eenslaapkamer Eenheid Beskikbaar in die hartjie van Bellville - Lewensreg

Populêr 

 Lewensreg Eiendomme / Schoeman Roos

R 1,475,000.00

Pragtige kothuis op die grondvloer. Die eenheid is toegerus met ‘n goed verligte oopplan-kombuis en leefruimte. Die kombuis het granietblaaie met baie kasruimte. Dit het ‘n ruim woonruimte asook ‘n klein tuin. Aangrensend aan die leefruimte is die slaapkamer met ingeboude kaste en badkamer. Groot vensters en skuifdeure sorg dat die ruimte natuurlik verlig word. Die kothuis het deurgaans teëls. Die kothuis word omring deur goed versorgde tuine en geplaveide wandelpaaie in ‘n rustige veilige omgewing. Beide bestuur en personeel is volledig opgeleide professionele persone wat deur die hoofbestuurder gelei word en wat toesien dat die inwoners te alle tye gemaklik en goed versorg word.

Ons bied die volgende ingesluit in u maandelikse heffing: ·

  • Onderhoud van die gebou buite
  • Water
  • Veiligheidsdienste (24/7 sekuriteits wagte op diens binne sekuriteits kompleks)
  • Tuindienste
  • Noodknoppies
  • Noodreaksie van ons verpleegings-komponent
  • Versekering van die gebou
  • Verskeie aktiwiteite
  • Haarkapper op die perseel (addisonele koste)
  • Maaltye op bestelling beskikbaar (addisonele koste)
  • Biblioteek

Die eiendom bestaan ​​ook uit tien huise met bystandsorg asook ‘n verswakte versorgingsentrum. (siekeboeg)

  • Listing ID: 4008
Kontakbesonderhede

Hoek van Frans Conradie & Mike PienaarBellville,Wes Kaap,7530 Show Phone Number ***** http://www.starckhomes.co.za

Kontak adverteerder