Eventide Ouetehuis in Klerksdorp.

Populêr 

 Ouetehuise / Lorraine van der Westhuizen

R 6,590.00

Is jy opsoek na ‘n aftree-oord?
By Eventide in Klerksdorp is ons doel om ‘n sorgsame en liefdevolle atmosfeer vir bejaardes te skep. Kom geniet EVENTIDE se beeldskone tuine; geleë in die rustige voorstad Ellaton. Ons is ‘n klein, intieme aftree-oord met 29 kamers, 5 beskikbaar. Kamers wissel van enkel- na dubbelkamers met privaat badkamers en patio’s vir elkeen. Die TV-sitkamer is beskikbaar vir alle inwoners. Ons het vriendelike en hulpvaardige personeel wat help om hoë standaarde te handhaaf.
Ons bevorder die daaglikse lewe en bied gereelde vermaak aan ons inwoners, soos om kaart- en bordspeletjies te speel, uitstappies na musikale optredes en konserte te reël asook om heerlik met mekaar te kuier by sosiale tee’s. Gereelde kerkdienste word ook gehou op die perseel.
Ons het kamers beskikbaar teen R6, 590.00 per maand. Dit sluit in munisipale uitgawes, was- en skoonmaakdienste een keer per week en ook drie gebalanseerde maaltye wat deur ons voedseldiensbestuurder voorberei word. Ons neem ook die inwoners dorp toe vir hul weeklikse inkopies.
Vir verdere inligting kontak ons gerus by 018 406 0750/52 / 081 777 1910
of stuur ‘n epos aan eventide.info@mha.co.za

Kontakbesonderhede

19 Bramley Ave, Ellaton, KlerksdorpKlerksdorp,Noordwes,2570 Show Phone Number ***** http://www.mha.co.za

Kontak adverteerder

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui