KOER - Die eerste Afrikaanse liefdes-en vriendskapstoep (app)!

Populêr 

 Allerlei / Marteni Burger

EERSTE AFRIKAANSE LIEFDESTOEP

Vind liefde, vriendskap en geselskap op KOER, die eerste Afrikaanse liefdestoep. Is al wat jy soek “‘n doodgewoon ordentlike Afrikaanse pasmaat? ‘n Tweede kans op liefde? Nuwe vriende in jou area?”  Dan is Koer die toep vir jou! Koer is die wonder-idee van SA se geliefde akteur en kookboekskrywer Armand Aucamp. Die enigste Afrikaanse toepassing (app) waarop jy die geleentheid gegun word om uit ‘n groter poel potensiële Afrikaanse pasmaats & vriende te kies en te keur. Maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie. Van die Kaap tot in Kanada – as daar Koerlede is sal jy hulle kan sien. Koer is ook ‘n platform waar jy in beheer is – ‘n veilige plek om nuwe hartsvriende en hartediewe, penmaats en pasmaats, kennisse en kamerade te ontmoet. ‘n Toep waar jy op jóú terme en in jóú hartstaal kan gesels. Vat ‘n kans, jy ontmoet dalk net die één! Kom vind jou dam se kanse. KOER. Jou hart, jou taal, jou kans. Gratis beskikbaar wêreldwyd op – App Store & Google Play.

  • Listing ID: 3925
Kontakbesonderhede

Suid-Afrika & WêreldwydAlle Provinsies ***** https://koer.co.za

Kontak adverteerder

9 thoughts on “”

  1. Haai Suzie. Gaan besoek graag ons webwerf by koer.co.za. Al die eenvoudige stappe is daar. Koer is ‘n app wat jy op jou foon aflaai. Lekker KOER!

    1. Marteni Burger

      Jy kan gaan na https://koer.co.za/. Daar sal jy die eenvoudige stappe vind. Koer is ‘n app wat jy kan aflaai op App Store (as jy ‘n iPhone het) en Google Play (as jy ‘n android het).

  2. Ek wil graag iemand ontmoet tussen 60 en 70 jaar. Hy moet asb. sober gewoontes hê, vrouens respekteer en nie vloek nie.

  3. Help my asseblief reg.
    Dit wil voorkom asof `n swak klas Afrikaanse man op KOER adverteer?
    Ek vind ook dat sie webwerf nie eerlik en openlik is nie. Betaal, dan help ons jou!
    Dit maak nie sin vir my my nie.

    1. Haai Wanda,

      Ons het vir jou ‘n e-pos gestuur om jou te antwoord. Daar is duidelik iewers ‘n misverstand. KOER is gebou met veiligheid vir elke lid in ag geneem. So as jy mense kruis wie jou KOER en in wie jy NIE belangstel nie kan jy hulle graag KOES of BLOK of RAPPORTEER. DIt is ook glad nie die geval dat ons NET BETALENDE LEDE help nie. Stuur asb vir ons die skrywe of kommunikasie waar jy so iets ervaar of aangesê is na info@koer.co.za. Ons sal beslis onmiddelik regstel indien dit die geval is. KOER is vir ALMAL GRATIS vir 40 akies per dag. Indien jy meer as 40 aksies per dag wil hê kan jy ‘n subskripsie uitneem vir onbeperkte aksies. Hou gerus jou inbus dop vir ons boodskap. Groete, KOERSPAN

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui