Namakwaland - Augustus 2021

 Toere / Annekie Zeiler

R 16,800.00

Toer saam met ons vanaf Johannesburg na Namaqualand en vlieg terug vanaf Kaapstad.

Ons vertrek 21 Augustus na die Noordkaap en oornag oppad in Kathu. Volgende dag toer ons verder en besoek die Augrabiese Waterval en oornag in Kakamas.

Op dag 3 is ons in Springbok en ons besoekp die Goegap Natuur Reservaat en die Hester Malan Wildeblomtuin. Ons oornag dan ook in Springbok.

Dag 4 vat ons verder na Kamieskroon waar ons dan Skilpad Natuur reservaat besoek met sy plaate blomme. Oornag vir 2 aande in Vanrhynsdorp.

Day 5 besoek ons Nieuwoudville met sy pragtige waterval en die Hantam Nationale Botaniese Tuin en ook die Kokerboomwoud.

Dag 6 besoek ons Clanwilliam en die beeldskone Ramskop Wildeblomtuin as ook die leerfabriek in die dorp en die Rooibosproe lokaal.

Dag 7 is ons by die see in Langebaan en besoek ons die strand en geniet ‘n rustige dag

Dag 8 en dis tyd vir die Weskus Nationale Park in die middag maar eers besoek ons Darling in die oggend en die Tienie Versveld Natuur Reservaat.

Dag 9 ons heerlike tydjie op die Weskus en tussen die blomme is op ‘n einde en ons vertrek na die Kaapse Lughawe waar julle dan terug reis per vliegtuig na Johannesburg.  Aankoms in Johannesburg sal julle deur ‘n Gids ontmoet word in die aankomslokaal en dan terug vervoer word na julle tuistes.

Die toerprys sluit vliegtuigkaartjie in en alle etes, verblyf, vervoer, ingangsfooie. Uitgesluit is slegs drankies en persoonlike items.

 

  • Listing ID: 4297
Kontakbesonderhede

NorthcliffJohannesburg,Gauteng,2195 Show Phone Number ***** http://www.hola-network.com

Kontak adverteerder