Negester Klein-Kariba

Populêr Premium 

 Aftree Eiendomme te Koop / Colette Komlosy

DIE BOSVELD OP SY BESTE

Negester Klein-Kariba in die Waterberge is die perfekte plek vir vyftig-plussers om af te skaal en tot rus te kom. Wanneer jy die gewoel van die stadslewe aan jou lyf begin voel en smag na n stadiger en rustiger pas, is daar min plekke wat meer sielerus kan bied as Negester Klein-Kariba se beveiligde leefstyl-landgoed vir vyftig-plussers.  Watter beter beloning is daar na n lewe vol sperdatums en vergaderings om in die bekoorlike Bosveld te kom afskaal en nesskop.

Negester Klein-Kariba is in die Waterberge naby Bela-Bela geleë en bied argiteksontwerpe kontemporêre styl plaashuise met pragvistas en topklasgeriewe.  Dit maak hierdie landgoed een van die mees gesogte vyftigplusser-bestemmings in die Limpopo-provinsie.

By Negester klein-Kariba kan inwoners en besoekers uitsien na n ware Bosveld-ervaring met n moderne klubhuis, jukskei- en tennisbane, n mini-gholfbaan, sowel as n swembad, boma en wandelpaaie op die koop toe.  Die leefstyl-landgoed is spesifiek ontwerp om jou te laat ontspan en weer na aan die natuur te laat voel!

Kontakbesonderhede

Boshoff Eiendomme Bela-BelaLimpopo,0480 Show Phone Number http://www.boshoffeiendomme.co.za

Kontak adverteerder

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui