Resthill Memory Care vir Alzheimer en Demensie

Populêr 

 Versorging Sentrums / Hendrik Baird

Die versorging van mense met Alzheimer siekte en ander demensies is nie ‘n maklike taak nie. Vir die meeste sulke mense kom daar ‘n dag dat hulle spesialisversorging benodig binne ‘n veilige omgewing. Hierdie besluit is nooit maklik vir die versorgers en familie nie en daar moet versigtig gekyk word na versorgingsplekke om die regte een te vind wat in die persoon met demensie se behoeftes voldoen.

In Suid Afrika vandag is daar baie opsies vir versorging en dit sal die moeite werd wees om eers na verskeie plekke te kyk voordat ‘n besluit geneem word oor waar die persoon geplaas moet word. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word, insluitend die kwaliteit van versorging, hoe families ondersteun word, die kostes (natuurlik) en hoe gereeld families kan besoek, om maar net ‘n paar te noem. Resthill Memory Care is een van die opsies wat ondersoek moet word voordat ‘n besluit geneem word

Resthill Memory Care is ‘n klein fasiliteit wat spesialiseer in  die versorging van mense met Altzheimer siekte en ander demensies. Aangesien die fasiliteit op ‘n kleinhoewe naby die Lanseria lughawe in Gauteng is, is dit heel sentraal geleë en maklik bereikbaar. Tog is dit afgesonder genoeg om ‘n plaas-atmosfeer te verleen vir die inwoners in die twee ruim huise. Die huise is vernoem na inheemse bome, naamlik Bukei en Robusta.

In die Burkei huis bly die mense wat in die middelstadiums van die siekte is. Hulle kan nog heelwat vir hulleself doen, maar het hulp nodig in hulle alledaagse lewens. Daar is enkel en dubblekamers, ‘n ruim kombuis waar die maaltye voorberei word, ‘n lekker sitkamer met groot TV en kaggel. Op die stoep word lekker gekuier, veral wanneer daar gebraai word. Die inwoners het die hulp van ‘n versorger wat hulle ook besig hou met ‘n verskeindenheid kognitiewe aktiwiteite.

In die Robusta huis is die inwoners in die meer gevorderde en laat stadiums van die siekte en hulle het heelwat meer hulp nodig. Hier help twee versorgers deur die dag met bad, aantrek, eet en persoonlik aktiwiteite volgens elkeen se kapasiteit. Hierdie huis het ‘n klavier en saamsing is baie gewild, aangesien musiek ‘n unieke manier het om ons aan geheues te verbind en ons goed te laat voel.

Omdat daar baie plek is op die kleinhoewe is, is buitemuurse aktiwiteite ook baie gewild. Die “Stap Klub” is gereeld aan die loop op die eiendom. Hier is hulle veilig want hulle kan nie verdwaal nie, aangesien die paadjie jou weer huistoe bring en daar altyd ‘n ogie is wat dophou en iemand wat kan kom help vir ingeval. Buitemuurse bal- en ander speletjies is ook populêr. Die personeel hou rekord van al die aktiwiteite en wie deelgeneem het en so word elke inwoner noukeurig na gekyk en gemonitor.

Resthill Memory Care het ‘n dokter op roep wat seker maak almal is fiks en gesond en die nodige voorskrifte uitreik. Die medisynes word verpak en afgelewer deur die plaaslike apteek en onder die streng oog van Suster Rita Prtorius aan die inwoners gegee. Suster Rita sien dan ook om na die daaglikse gesondheid van die inwoners en rapporteer enigiets wat dalk verander of benodig word. Die inwoners is dus verseker van kwaliteit 24-uur versorging.

In hiedie tyd van Covid-19 is daar heelwat streng protokolle in plek wat ten doel het om enige infeksie in die fasiliteit sover as wat menslik moontlik te vermy. Al die personeel dra maskers, handskoene en ander persoonlike beskermings toerusting soos vanpas. Daar is ‘n volledige plan in aksie wat verander soos die Covid-19 vlakke in Suid Afrika verander en elke moontlike maatreël is in plek om die inwoners en personeel teen infeksie te beskerm.

Resthill Memory Care spog met sy eie groentetuine wat verseker die inwoners eet elke dag vars kos. Die wat dit nog kan doen het klein werkies, soos om hoenders te help kos te gee of om te help tafel dek vir etenstye en teetye. Verjaarsdae word daar partytjie gehou en op sesiale dae, soos Modersdag, word daar groot teetafels gedek en die wat kan kuier heerlik saam.

Resthill Memory Care het ook ‘n tradisie dat daar bome geplant word op die as van ontslape inwoners. Op hierdie manier het die familie ‘n afsluiting van die lang rouproses wat begin het met diagnose. Dit laat ook ‘n lewende herinnering aan die geliefde.

Daar mag dalk baie keuses wees wanneer die besluit geneem word waar om ‘n geliefde te plass, maar daar is net een Resthill Memory Care.

  • Listing ID: 3655
Contact details

105 Pretorius street Laezonia A.H.Gauteng,0026 Show Phone Number ***** http://www.resthill.co.za

Contact this listing owner

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *