SAVF Senatus Aftreeoord en Dienssentrum

Populêr Premium 

 Aftree Eiendomme te Koop / Maritza Oosthuizen

R 350,000.00

SAVF Senatus Aftreeoord en Dienssentrum het sy ontstaan gehad op 17 September 1983 toe bouwerk begin is aan die Dienssentrum en 60 wooneenhede. Tans huisves hierdie aftreeoord 160 bejaarde inwoners. Daar was toe reeds ‘n groot behoefte in die gemeenskap vir behuising aan bejaardes. Die woord “Senatus” beteken “Plek van geëerdes” en bied alles onder een dak vir bejaardes wat woon in dié aftreeoord. Sonder om die perseel te verlaat kan bejaarde inwoners daagliks etes ontvang by die Dienssentrum. Etes word ook afgelewer aan bejaardes in die gemeenskap. Die Dienssentrum beskik oor ʼn haarsalon waar inwoners teen baie billike tariewe hulle hare kan laat doen, ʼn biblioteek, ʼn kliniek waar bloeddrukke en suikertoetse gedoen word asook ʼn snoepie waar daagliks vars brood- en melk bestel kan word asook nodige items aangekoop kan word. Die sentrum het ʼn busdiens wat twee maal per week bejaardes na winkelsentrums en banke neem.

Aktiwiteitsprogramme soos Bingo asook ʼn naaldwerkgroepie bring samehorigheid aan die inwoners en hou hulle besig. Inwoners speel graag jukskei en veerpyltjies. Senatus het ʼn lieflike lapa met braai fasiliteite vir die bejaarde inwoners waar hulle graag saamkuier en ontspan. Daar is ook ʼn lieflike agterstoep aan die agterkant van die Dienssentrum met tafels en stoele waar inwoners kan eet en kuier. Die perseel is baie veilig met 24uur sekuriteit en is baie veilig omhein. Ons bejaardes is vir ons belangrik aangesien hulle, hulle beste tyd aan die gemeenskap gegee het en dit nou ons beurt is om na hulle om te sien. Senatus is verseker die plek van geëerde en gelukkige inwoners.
Van die vereistes om toelating tot die aftreeoord te bekom is om 60 jaar en ouer te wees asook steeds selfversorgend te wees. Senatus beskik oor huisreëls waaraan inwoners hulle moet onderwerp om sodoende orde en vooruitgang te bewerkstellig. Belangstellende bejaardes kan die Kantoor kontak vir ‘n aansoekvorm en meer inligting.

Kontakbesonderhede

7 Uralite Straat CarletonvilleGauteng,2499 Show Phone Number *****

Kontak adverteerder

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui