Tree af in die Baai van die Slapende Skone

Populêr Premium 

 Aftree Nuwe Ontwikkelings / Petro de Jager

R 1,325,000.00

Die Baai van die Slapende Skoonheid, waar besoekers én inwoners nooit moeg raak vir dié kusdorp se rustigheid, natuurskoon en veiligheid nie, bied nou ‘n nuwe, moderne aftree-oord.

Ellenrust Aftree-oord wat bekendgestel is die begin van die jaar, gee aan mense bó 50 jaar die kans om Stilbaai se uniekheid te ervaar. Kom geniet die vars seelug, staproetes in die natuur, blouvlagstrande wat ver strek, die dorp se vriendelike inwoners en bokkies wat gereeld gesien word. Die ontwikkeling is stapafstand van die Goukou-rivier se wandelpad en naby die sake-kern.

In die eerste fase is daar 40 eietitel-erwe om van te kies en 8 moderne ontwerpe. Pryse begin by R1 325 000, terwyl die grootste huis in die ontwikkeling, ’n ruim 3 slaapkamer-eenheid met ‘n dubbelmotorhuis van 180m² beskikbaar is teen minder as R2 700 000.

‘n Volledige gesonheidsorgsentrum sal reeds in die eerste fase gebou word. Met die 2e fase word die klubhuis met restaurant, biblioteek en kantore opgerig, gevolg deur die dementia-sentrum in die finale fase.

Die maandelikse heffing sal die volgende dienste insluit:

  • Sekuriteit
  • Onderhoud van die eenhede aan die buitekant
  • Die sny van grasperke
  • Versekering op die huise
  • 15 maaltye, en
  • Primêre gesondheidsorg en subsidie van die gesondheidsorgsentrum.

‘n Deposito van R20 000 sal ‘n erf in die eerste fase verseker.

Kontakbesonderhede

Ellenrust Leefstyloord StilbaaiStilbaai,Wes Kaap,6674 Show Phone Number ***** http://www.ellenrust.co.za

Kontak adverteerder

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui