Wigwam Aftree Landgoed

Populêr 

 Aftree Eiendomme te Koop / Vanessa Durand

R 5,200,003,300,000.00

Die Wigwam Aftreelandgoed sowat 15km buite Rustenburg het oor die afgelope drie jaar ongetwyfeld die leiding geneem as die mees gesogte aftree-opsie in die Noorwes provinsie.  Heerlik knus aan die voetenent van die magiese Magaliesberge troon die oord uit bo die konvensionele en selfs akkommodasie-instelling, die privaatsektor of toerismenywerheid sal moet diep delf om behoorlik kers vas te hou.  Nogtans bly die finansiële implikasies uiters mededingend.  By Wigwam Aftreelandgoed voel inwoners terdeë tuis sonder om op enige manier geïsoleerd te voel.  Die oord se konsep, uitleg en styl skep trouens die milieu van vryheid, oop ruimtes en matelose rus.

Wigwam bied 24huur versorging, asook tuisversorging onder leiding van Wigwam se vennootskappe met ‘n multidissiplinêre mediese span.  Buiten die twee dokters en apteker wat by Wigwam konsulteer, is daar ook ‘n arbeidterrapeut, fisioterrapeut, biokinetici en ‘n leefstylkonsultant.

Die Sport en Sosiale Klub is lekker aktief en talle aktiwiteite word weekliks aangebeid.  By Wigwam is daar muurbal, tennis, jukskei, potspel, stap, uitstappies, handwerk en naaldwerk wat ons inwoners aktief hou.  Kunsklasse, Bybelstudie, biblioteek, ‘n kweekhuis, wedvlugduiwe en Wigwam se natuurskoon is ‘n paradys vir die voëlkykers.  Eredienste word elke Sondag om 10:00 deur Tuine-Gemeente in ons pragtige kerkie aangebied

Vir meer inligting gaan gerus na ons webtuiste www.wigwam.co.za, of skakel Vanessa 068 596 5723 of Chris 082 577 0291

Kontakbesonderhede

Wigwam Landgoed Rex Road Modderfontein, RustenburgRustenburg,Noordwes,0299 Show Phone Number ***** http://www.wigwam.co.za

Kontak adverteerder

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui